Drie deelnemers:
Op Facebook het ons gesien hoe mense uit die middelgroep op n pos oor die drie groepe geredekawel het en selfs kru woorde gebruik het om die Broederbond/NP se verdeling van die Boerekultuur te verdedig.
Sien FB:https://www.facebook.com/share/p/1DjoUQdKmV/.
Bestel die Boer Maak ʼn Plan en hou op om te raai oor die feite: https://forms.gle/bBGrdj11Gpkw5G9y6
Op bl 16 van Boer Maak ʼn Plan lees ons die volgende: “Luister gerus na die onderhoud wat Freek Robinson op 2 Maart 1992 met Jaap Marais, E.T. en Robert van Tonder op die TV program: AGENDA: “Wat is die Afrikaner?” gevoer het:
(https://youtu.be/VRJiepe0ZV0?si=OTy-9Rjd1FBX6wF0 )
In die program sien ons Robert van Tonder (as Boer), ET (as Tussengroep en Boere-Afrikaner) en Jaap Marais (as Afrikaner), na vore tree.
Tydens die program maak Van Tonder die volgende stelling: “Enige volk in die wêreld moet aan sekere eienskappe voldoen:
Hy moet sy eie grondgebied hê, hy moet sy eie unieke geskiedenis hê, hy moet sy eie tradisies, eie feesdae, eie vlae en sy eie volksliedere hê.”
Die Boerevolk voldoen volgens hom aan al hierdie vereistes en die Afrikaner nie.”
