Ontdek die Erfenis van die Boerevolk

Verken Die Boereboek en die  Boer-Maak-’n-Plan, twee werke wat die identiteit, geskiedenis en toekomstige planne van die Boerevolk in Suid-Afrika verwoord. Bestel vandag jou eksemplaar!

Die Boereboek

Die Boereboek

Na byna 40 jaar se navorsing bied Die Boereboek ‘n wetenskaplike en deeglike beskouing van die Boerevolk se identiteit in die 21ste eeu.

Hierdie werk ondersoek die historiese oorsprong van die Boerevolk, die verhouding tussen Boere en Afrikaners, en die vorming van BASA21 (Blanke Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners van die 21ste eeu).

Dit stel praktiese oplossings voor vir die oorlewing en bevryding van die Boerevolk in ‘n ‘nuwe Suid-Afrika’, waar kulturele erosie en politieke marginalisering ‘n daaglikse werklikheid is.

Die boek is ‘n omvattende hulpmiddel met meer as 500 bladsye, 200 bronverwysings uit historiese en akademiese tekste, 45 figure en vloeidiagramme wat komplekse verhoudinge visueel verduidelik, en 15 tabelle wat statistiese data oor demografie, sosiale strukture en historiese patrone aanbied.

Die Boereboek is nie net ‘n akademiese studie nie, maar die eerste stap in die oortuiging van Boerskap – ‘n oproep om die Boerevolk se unieke identiteit te erken en te versterk te midde van die huidige sosiale en politieke agtergrond in Suid-Afrika.

In ‘n tyd van kulturele verskuiwing, waar die Boerevolk se stem dikwels onderdruk word deur dominante narratiewe, dien hierdie boek as ‘n lewensbelangrike hulpmiddel om hul erfenis te bewaar, gemeenskapsbewussyn te bevorder, en ‘n pad vorentoe te skets vir ‘n volk wat sy plek in die moderne samelewing moet herwin.

Dit beklemtoon hoe die Boerevolk, deur BASA21, ‘n samehangende strategie kan ontwikkel om politieke onsekerheid, ekonomiese uitdagings en kulturele assimilasie te trotseer, en sodoende ‘n baken van hoop word vir toekomstige generasies.

Boer-Maak-’n-Plan

Boer Maak 'n Plan
Boer Maak 'n Plan
Boer Maak 'n Plan

SAMEVATTING:

Die Boer Maak ʼn Plan is ʼn korter en eenvoudiger weergawe van die BOEREBOEK en fokus ook op ʼn oplossing of ʼn plan.

Verskillende deelnemers het verskillende planne aangebied.

Hierdie planne word in ʼn “saamgestelde plan” aan die einde bespreek.

Jy word uitgenooi om deel van die plan te wees sodat jy eendag met trots vir jou kleinkinders en agterkleinkinders kan getuig oor wat jy gedoen het om hulle toekoms te verseker.

In die “Boer Maak ʼn Plan” (BMP) se eerste hoofstuk, word BASA21 ontleed. BASA21 staan vir die Blanke Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners van die 21ste eeu.

Die een groep bestaan uit mense wat weier om hulleself Boere te noem, dan ʼn groep wat weier om hulleself Afrikaner te noem en dan is daar ʼn tussengroep.

Ek het later in die Boek ʼn hele hoofstuk aan die Tussengroep gewei. Dis meer as net ʼn tussengroep!!

Die Boer Maak ʼn Plan beantwoord die volgende vrae:

• Hoekom drie groepe?

• Hoe het hulle ontstaan?

• Verskil hulle?

• Wat hou die toekoms vir elke groep in?

Bestel die Boer Maak ʼn Plan by: https://forms.gle/bBGrdj11Gpkw5G9y6

Boer-Maak-'n-Plan Inleiding

Die verskil tussen ʼn Boer en ʼn Afrikaner is vandag die onderwerp van debatte by die braaivleisvuur, die teekamer, sosiale media en by kuierplekke. Baie mense verstaan die verskil, maar veral jong mense is nog baie onseker oor hul identiteit.

Die BOEREBOEK het die debat opnuut aan die gang gesit en verskaf waardevolle agtergrond en inligting, wat kan bydra om ʼn debat sinvol en op ʼn wetenskaplik nagevorste basis te laat plaasvind. Die BOEREBOEK is omvattend en is teoreties goed gegrond, maar vir sommige mense effe lywig en soms te akademies. Die BOEREBOEK poog om waar te neem, sonder om voorskriftelik te wees. Verder gee dit eerder beginsels en riglyne, wat op die vryheidspad toegepas kan word, sonder om ʼn spesifieke plan te propageer.

Die BOER-MAAK-ʼn-PLAN word uit ʼn ander hoek geskryf. Die geskiedenis en die gevolgtrekkings, wat in die BOEREBOEK beskryf is, word hier kortliks saamgevat, maar belangriker, moontlike planne vir oplossings vir die Boervolk se toekoms word ook bespreek.

Die BOER-MAAK-ʼn-PLAN gaan nie volledige verwysings soos in die BOEREBOEK hê nie. Indien jy verwysings of bronne oor ʼn spesifieke saak wil naslaan, gaan kyk gerus in die BOEREBOEK, dit is volledig, met verwysings geskryf. Die hooftema in beide boeke handel oor die identiteit, oorsprong, samestelling en toekoms van die Blanke Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner van die 21ste eeu.

Die akroniem BASA21 word daarvoor gebruik. Die Boer en Afrikaner word natuurlik hierby ingesluit, alhoewel die klem in hierdie boek, op die toekoms van die Boervolk geplaas word.

Hoofstuk 1 handel baie kortliks oor ʼn paar terme, wat die leser moet verstaan, om latere argumente en die verloop van die ontwikkeling van die verband tussen die groepe te kan verstaan. Al is dit bietjie tegnies, lees dit asseblief.

Hoofstuk 2 handel oor die ontwikkeling van die Boer en die Afrikaner se voorsate.

Hoofstuk 3 verduidelik die ontstaan en die ontwikkeling van die Boervolk, terwyl Hoofstuk 4 die ontstaan van die Kolonialer (Kaapse Afrikaner) hanteer.

Hoofstuk 5 beskryf hoe die Boer en die Kolonialer saamgevoeg is, om die Afrikaner van die vorige eeu, tot stand te laat kom.

Hoofstuk 6 beskryf die verskuiwing van Afrikaner-nasionalisme, na Blankisme (die Blanke Suid-Afrikaner).

Hoofstuk 7 beskryf hoe Transformasie die Blanke Suid-Afrikaner beïnvloed het, met klem op die hantering van transformasie deur die verskillende groepe binne BASA21.

Hoofstuk 8 beskryf die rol van die Boervolk binne BASA21.

Hoofstuk 9 is ʼn boodskap aan die Boervolk, as deel van BASA21.

Hoofstuk 10 beskryf die beginsels, wat toegepas moet word om by ʼn oplossing uit te kom.

Hoofstuk 11 dokumenteer verskillende planne, wat reeds bestaan.

Hoofstuk 12 sluit die boek af, deur die pad vorentoe op te som.

Die Boer Maak ʼn Plan is ʼn poging om jou as Boer (al is jy nog onseker oor jou Boerskap) te motiveer om deel van die pad vorentoe en die oplossing te word.

Ek vertrou dat die boek jou aan die dink sal sit en sal inspireer.